Die Vrouenetwerk is n platform vir vroue entrepeneurs om, deur middel van ‘n kwartaallikse ONTBYT, op ‘n meer persoonlike basis mekaar te ONTMOET, om te ONTDEK wie doen wat, mekaar te kan ONDERSTEUN en om saam lekker te kan ONTSPAN.
Tydens die ontbyt word daar die geleentheid gegee vir ‘n geselekteerde groep vroue om as Uitstallers hul besigheid die oggend te verteenwoordig en hul produkte en/of dienste ten toon te stal. Dit is 'n wonderlike geleentheid vir persoonlike, een-tot-een netwerk tussen gaste en mede-entrepeneurs. Goeie, deurlopende blootstelling word ook vooraf en na die ontbyt aan elke deelnemende besigheid gegee.
"My ervaring met Vrouenetwerk was uiters fantasties. Ek het die geleentheid gekry om 'like-minded' vrouens te ontmoet, nuwe besig te kry asook om my waarde as besigheidseienaar teen volle raak te kon sien. Vrouenetwerk het vir my nuwe deure oop gemaak en ek het elke oomlik van die proses so vreeslik geniet."
"Ek het aanvanklik gedink die ontbyt sal goed wees vir my besigheid maar het nie besef hoe baie ek dit persoonlik nodig gehad het nie. Ek het weer van voor af moed om uit te hou en aan te hou! Die Vroue Netwerk doen wonders vir vrouens se gemoedere!"
"Wow wat 'n vervullende vroue oggend!! Ek het elke liewe een se praatjie so geniet en gee mens weer energie om net te kan aangaan met wat vir jou werk."
Sunday : Closed
Monday : Closed
Tuesday : Closed
Wednesday : Closed
Thursday : Closed
Friday : Closed
Saturday : Closed
Copyright © Vrouenetwerk 2024
Hey there,
We use cookies to track if you've seen this option
before, that's it. Select an option below to save
this portfolio. Selecting 'View Only' will not save
Social